Bring Jou hart

29 05 2008

Ken jy die pad na ‘n plek wat ‘n merk in jou hart kan los
Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo

Waar elke oomblik tussen ons geanker bly
Waar al my wense lê en wag om jou hart te kry

Bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is
In die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe
Na die Klein Karoo

Soek jy ‘n skuilplek wat die vrese in jou hart bedaar
Soek jy ‘n lêplek wat jou warm hou in die nag
Oor berg en dale loop ek vir jou as jy verdwaal
Op die horison se lyn kom ek jou haal

By: Juanita du Plessis (duet with Theuns Jordaan)